Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 34:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Wie is die man wat lewe begeer en die dae om die goeie te kan sien, liefhet?Ya’a 1:26

13. Weerhou jou tong van boosheid en jou lippe daarvan om bedrog te praat.

14. Gaan weg van die boosheid en doen wat goed is; soek vrede, gesondheid, vreugde, voorspoed en vergenoegdheid en jaag dit na.Mal 3:16; Ya’a 1:25

15. Die oë van יהוה is op die regverdiges en sy ore oop om hulle te hoor.

16. Die gesig van יהוה is teen die boosdoeners, om die herinnering aan hulle van die aarde af uit te roei.

17. Die regverdige roep uit en יהוה hoor en red hulle uit al hul moeilikhede.

18. יהוה is naby dié wat gebroke is van verstand, wil en emosie en Hy verlos dié wat nederig is van gees.

19. Die teisteringe van die regverdige is baie, maar יהוה bevry hom uit almal.Yog 19:36

20. Hy behou al sy bene, nie een daarvan word gebreek nie.

21. Boosheid sal die wetsoortreders doodmaak en dié wat die regverdige haat, sal vernietig word.

22. יהוה koop die lewe van Sy diensknegte los en nie een wat in Hom vertrou sal veroordeel word nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 34