Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:5-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hy het onpartydige opregtheid en regverdige oordeel lief; die aarde is vol van die goedheid van יהוה.Gen 1; Yog 1

6. Deur die Woord van יהוה is die hemele gemaak en deur die asem van Sy mond hulle hele leërmag.

7. Hy maak die waters van die seë bymekaar soos in ’n hoop watersakke; Hy bêre die waterdieptes weg in stoorkamers.

8. Laat die hele aarde יהוה vrees; laat al die bewoners van die wêreld met respekvolle vrees voor Hom staan,

9. want Hy het gepraat en dit is gedoen; Hy het beveel en dit het vas gestaan.

10. יהוה bring die raad van die nasies tot niks, Hy verbied die planne van die volke.

11. Die raadgewing van יהוה staan vir ewig, die gedagtes van Sy verstand, wil en emosie in alle geslagte.

12. Geseënd is die nasie wie se God יהוה is, die volk wat Hy vir Homself as erfenis gekies het.

13. יהוה kyk van die hemel af; Hy sien al die seuns van die mens.

14. Vanaf Sy troon kyk Hy af op al die inwoners van die aarde.

15. Hy vorm hulle hele verstand, wil en emosie, beoordeel al hulle dade.

16. Die koning word nie gered deur die menigte van die leërmag, die sterk manne nie deur groot krag nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33