Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:17-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Die perd is ’n vals hoop vir oorwinning en red niemand deur sy groot krag nie.

18. Let op, die oog van יהוה is op dié wat Hom respekvol vrees, op dié wat met versekerde verwagting op Sy onverdiende guns wag,

19. om hulle lewe te red van die dood en hulle aan die lewe te hou in hongersnood.

20. Ons wag op יהוה; Hy is ons Hulp en ons Skild,

21. want ons verstand, wil en emosie is verheug in Hom omdat ons vertrou in Sy Afgesonderde Karakter en Outoriteit (Naam).

22. Laat U goedheid, יהוה, oor ons wees volgens ons aktiewe verwagting in U!

Lees volledige hoofstuk Psalms 33