Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:11-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die raadgewing van יהוה staan vir ewig, die gedagtes van Sy verstand, wil en emosie in alle geslagte.

12. Geseënd is die nasie wie se God יהוה is, die volk wat Hy vir Homself as erfenis gekies het.

13. יהוה kyk van die hemel af; Hy sien al die seuns van die mens.

14. Vanaf Sy troon kyk Hy af op al die inwoners van die aarde.

15. Hy vorm hulle hele verstand, wil en emosie, beoordeel al hulle dade.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33