Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 33:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sing van vreugde in יהוה, o regverdiges! Lofprysing pas by die opregtes.

2. Loof en dank יהוה met die harp en siter; sing en maak musiek vir Hom met die tiensnarige harp.

3. Sing vir Hom ’n nuwe lied; speel bekwaam met vreugdevolle klanke,

4. want die Boodskap van יהוה is opreg en al Sy dade word in waarheid gedoen.

5. Hy het onpartydige opregtheid en regverdige oordeel lief; die aarde is vol van die goedheid van יהוה.Gen 1; Yog 1

6. Deur die Woord van יהוה is die hemele gemaak en deur die asem van Sy mond hulle hele leërmag.

7. Hy maak die waters van die seë bymekaar soos in ’n hoop watersakke; Hy bêre die waterdieptes weg in stoorkamers.

8. Laat die hele aarde יהוה vrees; laat al die bewoners van die wêreld met respekvolle vrees voor Hom staan,

9. want Hy het gepraat en dit is gedoen; Hy het beveel en dit het vas gestaan.

10. יהוה bring die raad van die nasies tot niks, Hy verbied die planne van die volke.

11. Die raadgewing van יהוה staan vir ewig, die gedagtes van Sy verstand, wil en emosie in alle geslagte.

12. Geseënd is die nasie wie se God יהוה is, die volk wat Hy vir Homself as erfenis gekies het.

13. יהוה kyk van die hemel af; Hy sien al die seuns van die mens.

Lees volledige hoofstuk Psalms 33