Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 32:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Onderiggewende gedig van Dawid. Geseënd is hy wie se oortreding van die wet vergewe en wie se sonde uitgevee is.Rom 4:8

2. Geseënd is die mens aan wie יהוה sy onregverdigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.

3. Omdat ek die hele dag lank in stilte gely het, het my gebeente oud geword in my diepe slaap,

4. want U hand was dag en nag swaar op my; intense pyn het in my hart ontwikkel, genoeg om my dood te maak.

5. Ek het my sonde teenoor U erken en my onregverdigheid het ek nie vir U weggesteek nie. Ek het gesê: “Ek sal al my wetsoortredinge aan יהוה bely” en U het al my sondes vergewe;

6. daarom, laat elke getroue nou tot U bid; sekerlik sal selfs die vloede van baie waters nie naby hom kom nie.

7. U is my Skuilplek; U beskerm my teen my vyande; U sal my omring met ’n lied van bevryding.

8. “Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die pad wat jy moet gaan; Ek wil aan jou raad gee en My oog op jou hou.

9. Moenie soos ’n perd of ’n muil wees wat geen begrip het nie, wat ’n mens van kleins af moet tem met toom en teuel nie; niemand kom naby hulle nie.”

10. Die wetsoortreders het baie smarte, maar hy wat op יהוה vertrou, sal deur liefdevolle goedheid omring word.

11. Verheug jou in יהוה en swaai in die rondte van vreugde, regverdiges! Sing van vreugde, almal wat opreg van verstand, wil en emosie is!

Lees volledige hoofstuk Psalms 32