Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 3:4-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Ek het uitgeroep na יהוה met my stem en Hy het my geantwoord vanaf Sy afgesonderde berg.

5. Ek lê en het geslaap; ek het wakker geword, want יהוה ondersteun my.

6. Ek sal nie bang wees vir tien duisende van mense wat hulleself rondom my opgestel het nie.

7. Staan op, יהוה, red my, o my God, want U het al my vyande op die wang geslaan; U het die tande van die wetsoortreders stukkend gebreek.

8. Verlossing behoort aan יהוה; laat U seën op U volk wees!

Lees volledige hoofstuk Psalms 3