Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 29:2-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Gee aan יהוה die eer, lof en aanbidding waardig aan Sy Karakter en Outoriteit (Naam); val neer voor יהוה in die hof van Sy Afgesonderde tempel!

3. Die stem van יהוה is oor die waters, die God van eer, lof en aanbidding donder; יהוה is oor baie waters.

4. Die stem van יהוה is kragtig; die stem van יהוה is vol majesteit.

5. Die stem van יהוה breek die seders; ja, יהוה verbreek die seders van L’vanon.

6. Hy laat L’vanon ook spring soos ’n kalf en Siryon soos ’n wilde bul (Aurogs).

Lees volledige hoofstuk Psalms 29