Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 29:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Gee aan יהוה, o seuns van magtiges, gee aan יהוה eer, lof en aanbidding!

2. Gee aan יהוה die eer, lof en aanbidding waardig aan Sy Karakter en Outoriteit (Naam); val neer voor יהוה in die hof van Sy Afgesonderde tempel!

3. Die stem van יהוה is oor die waters, die God van eer, lof en aanbidding donder; יהוה is oor baie waters.

4. Die stem van יהוה is kragtig; die stem van יהוה is vol majesteit.

5. Die stem van יהוה breek die seders; ja, יהוה verbreek die seders van L’vanon.

6. Hy laat L’vanon ook spring soos ’n kalf en Siryon soos ’n wilde bul (Aurogs).

7. Die stem van יהוה verdeel die vlamme van vuur.

8. Die stem van יהוה skud die wildernis; יהוה skud die wildernis van Kadesh.

9. Die stem van יהוה laat die takbokke lam en stroop die woude kaal; in Sy tempel praat elkeen van Sy lof, eer en aanbidding!

10. יהוה beheer die vloed; ja, יהוה sit as Koning vir ewig.

11. יהוה sal krag aan Sy volk gee, יהוה sal Sy volk seën met vrede, gesondheid, vreugde, voorspoed en vergenoegdheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 29