Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 27:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. As boosdoeners teen my kom om my te verteer, my teëstanders en my vyande, struikel hulle en val.

3. Al slaan ’n leërmag kamp op teen my, my binneste sal nie vrees nie; al staan ’n oorlog teen my op, sal ek daarin verseker wees.

4. Een ding het ek van יהוה gevra, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag bly in die huis van יהוה, om die lieflikheid van יהוה te sien en te mediteer in Sy tempel,

5. want op die dag van moeilikheid steek Hy my weg in Sy tent; Hy steek my weg in die geheime plek van Sy tent; Hy sal my vas laat staan op ’n rots.

6. Nou sal my kop hoog opgelig wees bo my vyande rondom my en daarom sal ek in Sy tent offers offer met uitroepe van vreugde; ek sal sing en musiek maak tot eer van יהוה.

7. Hoor en luister na my stem, o יהוה, wanneer ek na U toe uitroep, wys my onverdiende guns en antwoord my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 27