Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 24:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Die aarde behoort aan יהוה en alles wat daarin is, die wêreld en almal wat daarin bly,

2. want Hy het die aarde se fondasies in die seë gevestig en aan dit riviere gegee.

3. Wie mag opgaan op die berg van יהוה of wie mag staan in Sy Afgesonderde Plek?Ya’a 4:8 wat nie valslik by sy lewe gesweer en nie met misleiding ’n eed afgelê het nie.

4. Hy wat rein hande en ’n suiwer verstand, wil en emosie het,

5. Hy sal die seën van יהוה en onpartydige opregtheid van God, ons Verlosser, ontvang.

6. Dit is die geslag van hulle wat U soek, wat U Teenwoordigheid soek, o God van Ya’akov.

7. Lig op julle koppe, o poorte en word opgelig, o ewige deure, sodat die Koning van lof, eer en aanbidding kan ingaan!

8. Wie is die Koning van lof, eer en aanbidding? יהוה, sterk en magtig, יהוה magtig in die geveg.

9. Lig op julle koppe, o poorte en word opgelig, o ewige deure, sodat die Koning van lof, eer en aanbidding kan ingaan!

Lees volledige hoofstuk Psalms 24