Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier; op die wysie van: Aiyeleth Hashshahar (Die hert-ooi van die sonsopkoms): ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.Mat 27:46; Mar 15:34

2. My Magtige God, my Magtige God, waarom het U my verlaat, my verlossing is ver van my as gevolg van die woorde van my dwaasheid.

3. My God, ek roep bedags, maar U antwoord my nie en snags, maar U bly nie by my nie.Lev 19:2

4. Tog is U die Afgesonderde en Yisra’el bly onder U Gemanifesteerde Teenwoordigheid!

5. Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou en U het hulle bevry.

6. Hulle het na U toe uitgeroep en is bevry; in U het hulle vertrou en is nie teleurgestel nie,

7. maar ek is ’n wurm en nie ’n man nie, ’n bespotting van die mense en verag deur die volk.Mat 27:39,43; Mar 15:29-31; Luk 23:35

8. Almal wat my sien, spot met my; hulle skiet uit met hulle lippe en skud hulle koppe en sê:

9. “Hy het in יהוה vertrou, laat Hy hom bevry; laat Hy hom verlos, want Hy is tevrede met hom!”

10. Want U is my Vertroue sedert ek uit die baarmoeder gekom het en my Versekerde Verwagting sedert ek aan my moeder se bors was.

11. Ek is onder U sorg geplaas van die baarmoeder af; van die skoot van my moeder af is U my God.

12. Wees nie ver van my af nie, want moeilikheid is naby, want daar is niemand om te help nie.

13. Baie bulle het my omsingel, sterkes van Bashan het my omring.

14. Hulle monde gryns teen my soos ’n verskeurende en brullende leeu.Mat 27:27-31 al my beendere is uit lid uit; my binneste is soos was, dit is gesmelt binne-in my.

Lees volledige hoofstuk Psalms 22