Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 20:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2. Mag יהוה jou antwoord in die dag van benoudheid! Mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van die God van Ya’akov jou verdedig!

3. Mag Hy vir jou hulp stuur vanuit die Afgesonderde Plek en jou versterk vanuit Tziyon!

4. Mag Hy jou graanoffers onthou en jou brandoffer aanvaarbaar maak!

5. Mag Hy jou gee volgens jou diepste begeertes en al jou beplanning vervul!

6. Ons sal sing van vreugde oor jou verlossing en ons baniere oplig in die Naam (Karakter en Outoriteit) van ons God. Mag יהוה al jou versoeke vervul!

Lees volledige hoofstuk Psalms 20