Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 19:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Daar is geen spraak of taal waar hulle stem nie gehoor word nie.Rom 1:20; Rom 10:18 Hy het Sy tent vir die son tussen hulle gesit

4. Hulle goeie nuus gaan uit oor die hele aarde en hulle uitsprake tot by die einde van die wêreld.

5. en dit is soos ’n bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer en hom verheug soos ’n sterk man wat ’n resies hardloop.

6. Sy opgaan is van die einde van die hemel af en sy baan tot by die ander einde daarvan en niks is verborge vir sy hitte nie.

7. Die wet van יהוה is volmaak: dit verfris die lewe; die getuienis van יהוה, wat die eenvoudiges wys maak, is vertrouenswaardig.Rom 7:16; 1 Tim 1:8

8. Die opdragte van יהוה is reg, hulle verbly die verstand, wil en emosie; die bevele van יהוה is suiwer: dit verlig die oë.

9. Die respekvolle vrees van יהוה is rein: dit hou aan vir ewig; die oordele van יהוה is waarheid: hulle is volkome regverdig.

10. Hulle is begeerliker as goud, ja, as kosbare stene en soeter as heuning uit die korf.

11. Meer nog, U dienskneg word daardeur gewaarsku en as hy dit hou sal hy baie beloon word.

12. Wie kan struikelinge verstaan? Reinig U my van verborge foute.1 Yog 1:7-9

13. Hou ook U dienskneg terug van verwaande sondes sodat die bose nie oor my heers nie, dan sal ek vrygespreek wees van my sondes.

14. Laat die woorde van my mond en die oordenkings van my verstand, wil en emosie aanvaarbaar wees voor U Teenwoordigheid, o יהוה, my Hulp en my Loskoper!

Lees volledige hoofstuk Psalms 19