Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:7-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Toe het die aarde geskud en gebewe; die fondamente van die berge het gesidder en is geskud omdat Hy kwaad was.

8. Rook het uit Sy toorn uit opgegaan en ’n vuur vanaf Sy gesig en kole is daardeur verteer.

9. Hy het ook die hemele neergebuig en afgekom met dik donkerte onder Sy voete.Yeg 1:4-28 en gevlieg; voortgesnel op die vlerke van die wind.

10. Hy het op gérubs gery

11. Hy het duisternis Sy bedekking gemaak; Sy pawiljoen rondom Hom was duisternis van waters; dik wolke in die lug.

12. Vanuit die helderheid van Sy skaduwee het Sy dik wolke haelstene en kole van vuur gereën.Iyov 37:4; Ps 29:3-9

13. יהוה het ook in die hemele gedonder en die Allerhoogste het Sy stem laat hoor; haelstene en kole van vuur.

14. Hy het Sy pyle uitgestuur en hulle verstrooi; weerligstrale in oorvloed en hulle verwar.

15. Toe het die strome van waters verskyn en die fondamente van die wêreld is blootgelê deur U bestraffing, o יהוה, deur die geblaas van die asem van U woede.

16. Hy het uit die hoogte gestuur en my stilgemaak, Hy het my uit baie waters getrek.

17. Hy het my bevry van my magtige vyande en van dié wat my haat, want hulle was te sterk vir my.

18. Hulle het my konfronteer op die dag van my nood, maar יהוה was my Bevryder.

19. Hy het my uitgelei na ’n aangename plek; Hy het my gered, want Hy het Hom oor my verheug.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18