Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:39-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

39. want U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders aan my onderwerp.

40. U het ook my vyande voor my uit verslaan sodat ek dié wat my haat kon stilmaak.

41. Hulle het geroep om hulp, maar daar was niemand om te red nie; tot יהוה, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.

42. Toe het ek hulle fyn gemaal soos stof voor die wind; ek het oor hulle gestap soos die vuilgoed van die strate.

43. U sal my red uit die oordele van die volke; U sal my aan die hoof stel van nasies; ’n volk wat ek nie geken het nie, sal my dien,

44. sodra hulle van my hoor sal hulle my gehoorsaam, vreemdelinge sal hulleself aan my onderwerp.

45. Vreemdelinge sal stop en verhinder word om op hulle pad te loop.

46. יהוה leef. Geseënd is die Een wat aan my krag gee; laat my God en my Verlosser hoog opgelig word!

47. Die God wat namens my wraak neem en volke aan my onderwerp;

Lees volledige hoofstuk Psalms 18