Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:27-39 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

27. want U verlos die geteisterde volk, maar verneder die trotses,

28. want U steek my lamp aan; יהוה, my God, verlig my duisternis,

29. want met U kan ek ’n bende rowers stormloop en met my God kan ek oor ’n muur spring.

30. Wat God betref: die pad van God is skuldloos; die boodskap van יהוה is suiwer; Hy is ’n Hulp vir almal wat op Hom vertrou,

31. want wie is god buiten יהוה en wie is magtig soos ons God?

32. Die God wat my met krag omgord en my pad volmaak maak;

33. Hy maak my voete soos dié van herte en laat my staan op hoë plekke;

34. Hy leer my hande om oorlog te voer en versterk my arms soos ’n koper boog.

35. U het ook vir my die skild van U verlossing gegee, U regterhand ondersteun my en U sagtheid maak my groot.

36. U het my bene onder my standvastig gemaak sodat my enkels nie swak word nie.

37. Ek sal my vyande agtervolg en hulle inhaal en ek sal nie terugkom voordat ek hulle vernietig het nie.

38. Ek het hulle verbrysel sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete,

39. want U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders aan my onderwerp.

Lees volledige hoofstuk Psalms 18