Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 18:18-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Hulle het my konfronteer op die dag van my nood, maar יהוה was my Bevryder.

19. Hy het my uitgelei na ’n aangename plek; Hy het my gered, want Hy het Hom oor my verheug.

20. יהוה het my beloon volgens my onpartydige opregtheid; Hy het my vergeld volgens die reinheid van my hande,

21. want ek het die lewenswyses van יהוה gehou en nie in opstand gekom teen my God nie,

22. want al Sy oordele was voor my en Sy wette het ek nie van my verwyder nie.

23. Ek was ook skuldloos by Hom en het myself versigtig weerhou van my wetsoortreding;

24. daarom het יהוה my vergeld volgens my onpartydige opregtheid, volgens die reinheid van my hande voor Sy oë.

25. Met die goedhartige wys U Uself goedhartig; met die opregte man wys U Uself opreg;

26. met die reine wys U Uself rein, maar van die valse draai U weg,

27. want U verlos die geteisterde volk, maar verneder die trotses,

28. want U steek my lamp aan; יהוה, my God, verlig my duisternis,

29. want met U kan ek ’n bende rowers stormloop en met my God kan ek oor ’n muur spring.

30. Wat God betref: die pad van God is skuldloos; die boodskap van יהוה is suiwer; Hy is ’n Hulp vir almal wat op Hom vertrou,

Lees volledige hoofstuk Psalms 18