Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 16:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid. Bewaar my, o God, want ek soek skuiling by U.

2. Ek het vir יהוה gesê: “U is my God en al my goedheid is van U.”

3. Vir die afgesonderdes wat op die aarde is, sê ek ook: “Hulle is die lofwaardiges in wie al my behae is.”

4. Die smarte van hulle wat U vir ’n ander verruil het, sal vermenigvuldig word; ek sal nie hulle drankoffers van bloed uitgiet of hulle name op my lippe neem nie.

5. יהוה is die Deel van my erfenis en my Beker; U ondersteun my deel.

6. Die maatlyne het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.

7. Ek sal יהוה, wat my raad gegee het, loof; inderdaad onderrig my verstand my in die nag.Hand 2:24,25

8. Ek stel יהוה voortdurend voor my. Omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie geskud word nie;

Lees volledige hoofstuk Psalms 16