Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 149:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Laat die afgesonderdes spring van vreugde in lof en eer; laat hulle hardop sing op hul beddens.

6. Lofprysinge van God is in hulle kele en ’n tweesnykant swaard in hulle hand

7. om wraak uit te oefen onder die ander nasies, strawwe onder die volke,

8. om hulle konings met toue vas te bind en hulle edeles met ysterkettings,

9. om die oordele wat opgeskryf is, aan hulle te voltrek en lof en eer aan al Sy afgesonderdes te bring! Loof Yah helder en duidelik!

Lees volledige hoofstuk Psalms 149