Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 149:2-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Laat Yisra’el hom verheug in Hom wat hulle gemaak het; laat die seuns van Tziyon in die rondte swaai van blydskap oor hulle Koning!

3. Laat hulle Sy Naam (Karakter en Outoriteit) helder en duidelik loof in dans, tot Hom sing en musiek maak met tamboeryn en harp,

4. want יהוה is tevrede met Sy volk; Hy versier die behoeftiges met verlossing.

5. Laat die afgesonderdes spring van vreugde in lof en eer; laat hulle hardop sing op hul beddens.

6. Lofprysinge van God is in hulle kele en ’n tweesnykant swaard in hulle hand

7. om wraak uit te oefen onder die ander nasies, strawwe onder die volke,

8. om hulle konings met toue vas te bind en hulle edeles met ysterkettings,

9. om die oordele wat opgeskryf is, aan hulle te voltrek en lof en eer aan al Sy afgesonderdes te bring! Loof Yah helder en duidelik!

Lees volledige hoofstuk Psalms 149