Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 148:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof Yah helder en duidelik! Loof יהוה helder en duidelik vanuit die hemele; loof Hom helder en duidelik in die hoogtes!

2. Loof Hom helder en duidelik, al Sy engele, loof Hom helder en duidelik, al Sy leërmagte!

3. Loof Hom helder en duidelik, son en maan, loof Hom helder en duidelik, alle ligte en sterre!

4. Loof Hom helder en duidelik, hemel van hemele en waters wat bo die hemele is!

5. Laat hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik loof, want Hy het gepraat en hulle is geskep.

6. Hy het hulle ook vir ewig en ewig vasgestel; Hy het ’n vasgestelde wet gegee wat nie sal verbygaan nie.

7. Loof יהוה helder en duidelik vanaf die aarde, julle groot monsters en al die dieptes!

8. Vuur en hael, sneeu en ys, stormwind wat Sy boodskap uitvoer,

9. berge en alle heuwels, vrugdraende bome en alle seders,

10. wilde diere en alle vee, kruipende diere en vlieënde voëls,

11. konings van die aarde en alle volke, prinse en alle regters op die aarde,

12. beide jongmanne en maagde, oumense en jonges, laat hulle die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה helder en duidelik loof,

13. want Sy Naam (Karakter en Outoriteit) alleen is verhewe; Sy grootsheid is op aarde en in die hemele!

14. Hy lig die horing van Sy volk hoog: die lofprysing van al Sy afgesonderdes; selfs vir die seuns van Yisra’el, ’n volk wat naby Hom is. Loof Yah helder en duidelik!

Lees volledige hoofstuk Psalms 148