Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 147:2-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. יהוה bou Yerushalayim op; Hy maak die verstrooides van Yisra’el bymekaar.

3. Hy genees die wat gebroke van binne is en verbind hulle wonde.

4. Hy tel die getal van die sterre; Hy noem hulle almal by die naam.

5. Ons Meester is groot en Sy krag is groot; Sy insig is oneindig.

6. יהוה lig die swakkes op; Hy verneder die bose tot in die grond.

7. Vereer יהוה met uitgestrekte hande, sing en maak musiek met die harp tot ons God,

8. wat die hemele met wolke bedek, wat reën gee op die aarde, wat die gras laat groei op die berge,

9. wat kos gee aan die beeste en aan die jong rawe wat uitroep.

10. Hy het geen plesier in die krag van die perd, geen plesier in die bene van ’n magtige man nie.

11. יהוה het plesier in hom wat Hom respekvol vrees, in hom met ’n versekerde verwagting op Sy goedheid.

12. Loof יהוה hardop, o Yerushalayim! Loof jou God helder en duidelik, o Tziyon,

13. want Hy het die balke van jou poorte versterk; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

14. Hy gee vrede binne jou grense en vul jou met die beste van die koring.

Lees volledige hoofstuk Psalms 147