Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 147:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof Yah helder en duidelik, want dit is goed om te sing en musiek te maak vir ons God, want dit is verruklik en lofprysing is toepaslik!

2. יהוה bou Yerushalayim op; Hy maak die verstrooides van Yisra’el bymekaar.

3. Hy genees die wat gebroke van binne is en verbind hulle wonde.

4. Hy tel die getal van die sterre; Hy noem hulle almal by die naam.

5. Ons Meester is groot en Sy krag is groot; Sy insig is oneindig.

6. יהוה lig die swakkes op; Hy verneder die bose tot in die grond.

7. Vereer יהוה met uitgestrekte hande, sing en maak musiek met die harp tot ons God,

8. wat die hemele met wolke bedek, wat reën gee op die aarde, wat die gras laat groei op die berge,

Lees volledige hoofstuk Psalms 147