Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 146:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Loof Yah helder en duidelik! Loof יהוה helder en duidelik, o my lewe!

2. Ek sal יהוה helder en duidelik loof solank as ek lewe; ek sal sing en musiek maak tot my God solank as wat ek lewe.

3. Vertrou nie op prinse, of op die seuns van die mens, in wie geen hulp is nie.

4. Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe, op daardie selfde dag hou sy gedagtes op.

5. Gelukkig is hy wat die God van Ya’akov het as sy Hulp, wie se versekerde verwagting in יהוה, sy God is,Hand 4:24; Hand 14:15; Open 10:6

6. wat hemel en aarde gemaak het, die see en alles wat daarin is; wat die waarheid vir ewig behou;

7. wat aan die onderdruktes regverdige oordeel verskaf, wat kos gee aan die hongeres. יהוה bevry die gevangenes.

8. יהוה maak die oë van die blindes oop; יהוה lig hulle op wat neergebuig is. יהוה het die regverdiges lief.

9. יהוה versorg die armes; Hy voed die vaderloses en weduwees, maar die pad van die bose keer Hy om.

10. יהוה sal vir ewig heers, jou God, o Tziyon, tot in alle geslagte! Loof Yah helder en duidelik!

Lees volledige hoofstuk Psalms 146