Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 144:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Gooi weerligstrale en verstrooi hulle; skiet U pyle uit en vernietig hulle!

7. Strek U hand uit van bo af; red my uit diep waters, uit die hand van die bose,

8. wie se mond sinnelose boosheid praat en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is.

9. Ek wil ’n nuwe lied tot U sing, o God, op ’n lier en ’n tiensnarige instrument wil ek sing en musiek maak tot U.

10. Dit is Hy wat aan konings die oorwinning gee, wat Sy dienskneg Dawid bevry van die bose swaard.

11. Bevry my uit die hand van die bose, wie se mond sinnelose booshede praat en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is

12. sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgroei in hulle jeug en ons dogters mag wees soos bruide wat ryklik versier is soos tempels,

13. ons skure vol mag wees tot oorlopens toe, ons kleinvee oorvloedig mag vermeerder in ons velde

14. en ons beeste sterk mag wees en geen een onder hulle onvrugbaar is nie en daar geen diefstal sal wees nie en geen rou op ons strate nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 144