Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 144:4-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Die mens is soos wasem; sy dae soos ’n skaduwee wat verbygaan.

5. Buig U hemele, יהוה en kom af; bestraf die berge en hulle sal rook!

6. Gooi weerligstrale en verstrooi hulle; skiet U pyle uit en vernietig hulle!

7. Strek U hand uit van bo af; red my uit diep waters, uit die hand van die bose,

8. wie se mond sinnelose boosheid praat en wie se regterhand ’n regterhand van bedrog is.

9. Ek wil ’n nuwe lied tot U sing, o God, op ’n lier en ’n tiensnarige instrument wil ek sing en musiek maak tot U.

Lees volledige hoofstuk Psalms 144