Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 144:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Geseënd is יהוה, my Sterkte, wat my hande leer om oorlog te maak en my vingers om te veg;

2. my Skuiling en my Bevryder; my Skild en my Helper, waarop ek vertrou, wat nasies aan my onderwerp.Ps 8:5

3. O יהוה, wat is die mens dat U kennis neem van hom, of die seun van die mens dat U aan hom dink?

4. Die mens is soos wasem; sy dae soos ’n skaduwee wat verbygaan.

Lees volledige hoofstuk Psalms 144