Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 143:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Ek onthou uit die ou dae; ek oordink al U dade; ek dink ná oor die werke van U hande.

6. Ek steek my hande uit na U; my lewe dors na U soos ’n dorstige land.

7. Antwoord my gou, o יהוה: my gees faal! Steek nie U gesig vir my weg nie sodat ek nie sal wees soos hulle wat afgaan na die put nie.

8. Laat my van U liefdevolle goedheid hoor in die oggend, want in U vertrou ek; laat my weet watter pad om op te loop, want ek lig my lewe op na U.

9. Bevry my van my vyande, o יהוה en leer my om U wil te doen,

10. want U is my God, U sagte Gees sal my lei op die pad van die lewe.

11. Vertroos my, o יהוה, om U Naam (Karakter en Outoriteit) ontwil; lei my lewe uit die moeilikheid ter wille van U onpartydige opregtheid

12. en maak die wat my haat stil deur U goedheid en vernietig al die vyande van my lewe, want ek is U dienskneg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 143