Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 142:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Onderriggewende gedig van Dawid, toe hy in die grot was, ’n gebed. 2 Ek het hardop uitgeroep na יהוה, ek het my smeking met ’n harde stem tot יהוה gerig.

2. Ek het my klagtes voor Hom uitgestort; ek het my moeilikhede voor Hom gewys.

3. Toe my gees in my oorweldig was, het U my pad geken. Op die pad wat ek loop, het hulle in die geheim vir my ’n strik gespan.

4. Ek het na my regterhand gekyk en daar was niemand om vir my raad te gee nie; skuiling het my gefaal, niemand het omgegee vir my lewe nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 142