Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 140:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. 2 Bevry my, יהוה, van bose manne, beskerm my van die manne van geweld

2. wat bose dinge in hulle verstand, wil en emosie uitdink, wat aanhoudend stryd opwek.Rom 3:13 gif van ’n adder is onder hulle lippe.

3. Hulle het hul tonge skerp gemaak soos ’n slang;

4. Hou my, יהוה, uit die hande van die bose; beskerm my teen manne van geweld wat beplan om my vooruitgang te stop.

5. Trotsaards het vir my ’n strik weggesteek; die toue van hulle net oor my paaie gespan; hulle het strikke vir my gestel.

6. Ek het vir יהוה gesê: “U is my God; hoor die stem van my smekinge, o יהוה.

7. יהוה, Meester, my kragtige Verlosser, U is die Skild oor my kop in die dag van die geveg!

8. יהוה, gee tog nie die begeertes van die bose nie; bevorder nie hulle listige planne nie, laat hulle nie hul doel bereik nie.

9. Laat die boosheid van hulle lippe hulle oordek.

10. Laat brandende kole op hulle val; laat hulle in die vuur val sodat hulle nie weer opstaan nie!

11. Laat sprekers van boosheid nie op die aarde bevestig word nie; boosheid sal die man van geweld jaag om hom te vernietig.

12. Ek weet dat יהוה die saak van die onderdrukte sal verdedig en die reg van die behoeftiges.

13. Sekerlik sal die regverdiges U Naam (Karakter en Outoriteit) loof met uitgestrekte hande, die opregtes sal in U Teenwoordigheid leef.

Lees volledige hoofstuk Psalms 140