Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 139:10-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. selfs ook daar sal U hand my lei en U regterhand my vashou

11. wanneer ek sê: “Die duisternis sal sekerlik soos lig oor my wees; selfs die nag sal lig wees voor my gesig.”

12. Duisternis sal nie vir U donker wees nie, maar die nag skyn soos die dag; duisternis en lig is dieselfde vir U,Iyov 10:11 U het my aanvaar vanaf my moeder se baarmoeder.

13. want U het my binneste gevorm,

14. Ek sal U loof met uitgestrekte hande, as gevolg van die wonders wat U gedoen het; wonderbaar is U werke en my lewe weet dit alte goed.Pre 11:5; Iyov 10:8

15. My wese, toe ek in die geheim gemaak is, lieflik geweef in die baarmoeder van die aarde, is nie vir U verborge nie.Open 20:12

16. U oë het my wese gesien, tog nog onvolmaak en al hierdie dinge in U boek geskryf, selfs voordat die dag bestaan het en die mens tot bestaan gebring is.

17. Hoe kosbaar is U gedagtes vir my, o God! Hoe geweldig is die som daarvan!

18. As ek die beste van hulle sou tel, is hulle meer in getal as die korrels sand; wanneer ek wakker word, is ek steeds by U.

19. Sekerlik sal U, o God, die bose neerslaan. Gaan dus weg van my, julle manne van bloedvergieting,

20. want hulle praat boos teen U en U vyande staan op in boosheid!

21. Ek haat hulle wat U haat, o יהוה en verafsku hulle wat teen U opstaan.

22. Ek haat hulle met ’n volmaakte haat; ek sien hulle as my vyande!

23. Deursoek my, o God en ken my verstand, wil en emosie; toets my en ken my lewenswyses1 Yog 1:7-9

Lees volledige hoofstuk Psalms 139