Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 139:1-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek. יהוה, U het my deursoek en U ken my.

2. U ken my sit en my opstaan; U verstaan my gedagtes van bo af.

3. U ken my lewenswyse en my pad en is bekend met al my dade,

4. want as daar misleiding op my tong is, let op, o יהוה, U ken dit volledig.

5. U ken my van begin tot einde, want U het my gevorm en U hand op my gelê.

6. Sulke kennis is te wonderlik vir my, dit is hoog, ek kan nie daar bykom nie.

7. Waar sou ek heengaan van U Gees af, of waarheen sal ek vlug van U Teenwoordigheid af?

8. Klim ek op, die hemel in, U is daar; gaan ek af na Sh’ol, let op, U is ook daar!Yes 41:10

9. As ek my vlerke oplig soos die van ’n arend en bly in die verste dele van die see,Yeg 48:35

10. selfs ook daar sal U hand my lei en U regterhand my vashou

11. wanneer ek sê: “Die duisternis sal sekerlik soos lig oor my wees; selfs die nag sal lig wees voor my gesig.”

12. Duisternis sal nie vir U donker wees nie, maar die nag skyn soos die dag; duisternis en lig is dieselfde vir U,Iyov 10:11 U het my aanvaar vanaf my moeder se baarmoeder.

Lees volledige hoofstuk Psalms 139