Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 138:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gedig van Dawid, met instrumentale musiek. Ek sal U met uitgestrekte hande loof met my hele verstand, wil en emosie; ek sal voor die konings sing en musiek maak tot U.

2. Ek sal op my gesig neerval in U afgesonderde tempel en U Naam (Karakter en Outoriteit) met uitgestrekte hande loof vir U liefdevolle goedheid en vir U waarheid, want U het U volle boodskap bo U Naam (Karakter en Outoriteit) opgelig.

3. Op die dag dat ek uitgeroep het na U, het U my geantwoord en die krag van my lewe verhoog.

4. Al die konings van die aarde sal U loof met uitgestrekte hande, o יהוה, want hulle het die woorde van U mond gehoor en daarna geluister;

5. ja, hulle sal die lewenswyses van יהוה besing, want die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van יהוה is groot.

6. Alhoewel יהוה verhewe is, sien Hy nogtans die wat laag neergebuig is, maar die trotse ken Hy van ver.

Lees volledige hoofstuk Psalms 138