Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 136:2-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Loof die God van die gode met uitgestrekte hande, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig.

3. Loof die Meester van meesters met uitgestrekte hande, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

4. Hom wat alleen groot wonders doen, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

5. Hom wat die hemele met wysheid gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

6. Hom wat die aarde bo die waters uitgestrek het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

7. Hom wat die groot ligte gemaak het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

8. die son om te heers oor die dag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

9. die maan en sterre om te heers oor die nag, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

10. Hy wat die eersgeborenes van die Mitzrayiete getref het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

11. Yisra’el tussen hulle uit gebring het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

12. met ’n sterk hand en met ’n uitgestrekte arm, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig;

13. Hy wat die Sufsee in dele verdeel het, want Sy liefdevolle goedheid duur vir ewig

Lees volledige hoofstuk Psalms 136