Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 135:7-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy laat die wolke opgaan vanaf die eindes van die aarde, Hy maak weerligstrale vir die reën, Hy bring die wind uit Sy skatkamers.

8. Hy tref die eersgeborenes van Mitzrayim, beide mens en dier;

9. Hy wat Sy tekens en wonders binne-in jou gestuur het, o Mitzrayim, teen Farao en teen al sy diensknegte;

10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:

11. Sigon, koning van die Emoriete en `Og, die koning van Bashan en al die koninkryke van Kena’an

12. en hulle land as ’n erfenis gegee het, ’n erfenis aan Yisra’el, Sy volk.

13. U Naam (Karakter en Outoriteit), o יהוה, duur voort vir ewig en U herinnering, יהוה, deur alle geslagte,

14. want יהוה sal Sy volk oordeel en Hom verbly in Sy diensknegte.

15. Die afgode van die ander nasies is silwer en goud, die werk van mensehande.

16. Hulle het monde, maar hulle praat nie; hulle het oë, maar hulle sien nie;

17. hulle het ore, maar hulle hoor nie; daar is ook geen asem in hulle monde nie.Ps 115:4

18. Laat dié wat hulle maak en elkeen wat in hulle vertrou, net soos hulle word.

19. Seën יהוה, o huis van Yisra’el! Seën יהוה, o huis van Aharon!

20. Seën יהוה, o huis van Levi! Julle wat יהוה respekvol vrees, seën יהוה!

21. Geseënd is יהוה vanuit Tziyon, Hy wat in Yerushalayim bly! Loof Yah helder en duidelik!

Lees volledige hoofstuk Psalms 135