Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 132:7-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Ons sal in Sy tent ingaan, ons sal neerval voor Sy voetstoel.

8. Staan op, o יהוה, gaan in in die plek van U rus, U en die ark van U krag!

9. Laat U priesters aangetrek wees in onpartydige opregtheid en U afgesonderdes uitroep van vreugde.

10. Draai nie die gesig van U gesalfde weg nie, ter wille van U dienskneg, Dawid.Hand 2:30

11. יהוה het in waarheid tot Dawid gesweer (Hy sal daarvan nie wegdraai nie): “Van die vrug van jou liggaam sal Ek jou troon opstel.

12. As jou seuns My verbond sal hou en My getuienisse wat hulle sal leer, dan sal húlle seuns ook vir ewig op jou troon sit,

Lees volledige hoofstuk Psalms 132