Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 132:13-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. want יהוה was verheug met Tziyon, Hy het dit gekies as Sy blyplek.

14. Dit is My rus vir ewig; hier sal Ek bly, want Ek het dit begeer.

15. Ek sal haar jagters oorvloediglik seën; Ek sal haar behoeftiges versadig met brood.

16. Ek sal ook haar priesters aantrek met verlossing en haar afgesonderdes sal uitroep van vreugde.

17. Daar sal Ek die horing van Dawid laat blink en ’n lig aansteek vir sy gesalfde.

18. Ek sal sy vyande met skaamte aantrek, maar My afgesonderdheid sal hom oordek.”

Lees volledige hoofstuk Psalms 132