Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 130:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lied vir die opgaan na die feeste. Vanuit die dieptes het ek U aangeroep, o יהוה en U het my stem gehoor.

2. יהוה, laat U ore aandag gee aan die stem van my smekinge.

3. As U, o Yah, permissiwiteit sou opskryf, o יהוה, wie sal staande bly?

4. Omdat vergifnis van U af kom, kan U respekvol gevrees word.

5. Ek vertrou in יהוה; my lewe wag vir Sy Boodskap.

6. Ek het gewag op יהוה vanaf die oggendwag tot die aandwag toe.

7. Laat Yisra’el met versekerde verwagting wag op יהוה; vanaf יהוה kom goedheid en oorvloedige bevryding.

8. Hy sal Yisra’el loskoop uit al sy boosheid.

Lees volledige hoofstuk Psalms 130