Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 13:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Vir die musiekleier: ’n gedig van Dawid, met instrumentale musiek.

2. Hoe lank, o יהוה, sal U my vir altyd vergeet? Hoe lank sal U vir my U gesig verberg?

3. Vir hoe lank sal ek die hele dag lank smart in myself en ellende in my verstand, wil en emosie hê? Hoe lank sal my vyand oor my opgelig word?

4. Beskou dit en antwoord my, יהוה, my God! Verlig my oë sodat ek nie in die dood verval

5. sodat my vyande nie kan sê: “Ek het hom oorwin” nie en my teëstanders nie juig as ek geskud word nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 13