Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 129:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lied vir die opgaan na die feeste. Hulle het my onderdruk van my jeug af; laat Yisra’el dit sê:

2. “Baie keer het hulle my onderdruk van my jeug af, tog het hulle nie staande gebly teen my nie.

3. Hulle het op my rug geploeg, hulle vore lank gemaak.

4. יהוה is regverdig, Hy sal die bande van die bose afkap.

5. Laat hulle wat Tziyon haat, beskaamd staan en terugdraai.

6. Laat hulle wees soos gras op die dakke wat uittrek en verdroog as die wind dit tref,

7. waarmee die maaier nie sy hand vul nie en die gerwebinder nie sy arm nie.”

8. Ook sê die wat verbygaan nie: “Die seën van יהוה oor julle! Ons seën julle in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה,” nie.

Lees volledige hoofstuk Psalms 129