Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 127:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Shlomo. As יהוה die huis nie bou nie, werk die wat daaraan bou tevergeefs; as יהוה die stad nie bewaar nie, bly die wagter tevergeefs wakker.

2. Dit is doelloos vir hulle wat vroeg opstaan, wat laat opbly; hulle eet brood van smarte, want Hy gee aan die een wat Hy liefhet dieselfde in sy slaap!

3. Let op, seuns is ’n erfenis vanaf יהוה en die vrug van die baarmoeder is ’n beloning.

4. Soos pyle in die hand van ’n magtige man, so is seuns van die jeug.

5. Geseënd is die man wat sy pylkoker vol het daarvan! Hy sal nie beskaamd staan nie, maar met vyande in die poort praat.

Lees volledige hoofstuk Psalms 127