Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 122:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Lied vir die opgaan na die feeste; van Dawid. Ek was verheug toe hulle vir my gesê het: “Laat ons na die huis van יהוה gaan!”

2. My voete sal in jou poorte staan, o Yerushalayim!

3. Yerushalayim is gebou soos ’n stad wat omring is deur ’n muur,

4. waarheen die stamme opgaan, die stamme van יהוה, tot getuienis van Yisra’el, om met uitgestrekte hande die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה te loof,

5. want daar is trone van oordeel opgestel, die trone van die huis van Dawid.

6. Bid vir die vrede van Yerushalayim; hulle wat jou liefhet, sal voorspoedig wees!

7. Mag vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid binne jou mure wees en veiligheid binne jou paleise!

8. Ter wille van my broers en my vriende sal ek nou sê: “Vrede, voorspoed, vergenoegdheid en gesondheid in jou!”

9. Ter wille van die huis van יהוה, ons God, sal ek soek wat goed is vir jou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 122