Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:93-105 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

93. Ek sal U instruksies nooit vergeet nie, want hulle is my lewe.

94. Ek behoort aan U, red my, want ek het U instruksies gehou.

95. Die bose het op my gewag, om my te vernietig, maar ek verstaan U getuienisse.

96. Ek het die einde van alle volmaaktheid gesien, maar U opdrag is baie wyd.

97. Hoe lief het ek U wet, dit is die hele dag lank my oordenking.

98. Maak my wyser as my vyande, want ek het U opdragte gehoorsaam.

99. Gee my meer begrip as al my leermeesters, want U getuienisse is my oordenking.

100. Ek verstaan meer as die oudstes, want ek hou U instruksies.

101. Ek het my voete weerhou van elke bose pad sodat ek U opdragte mag doen.

102. Ek het nie van U oordele afgewyk nie, want U het my geleer.Yeg 3:3

103. Hoe soet is U boodskappe om te proe, soeter as heuning in my mond.

104. Deur U instruksies kry ek verstand; daarom haat ek die lewenswyse van die bose.

105. U boodskap is ’n lamp vir my voet en ’n lig op my pad.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119