Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:80-94 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

80. Laat my verstand, wil en emosie opreg wees in U instellings sodat ek nie beskaamd sal word nie.

81. My lewe het verlang na U verlossing en my versekerde verwagting is in U boodskap.

82. My oë wag op U boodskap, wanneer U my sal vertroos,

83. want ek het alle ontering gely, tog het ek nie U instellings vergeet nie.

84. Hoeveel is die dae van U dienskneg? Wanneer sal U oordeel uitoefen op hulle wat my vervolg?

85. Die bose het ’n put vir my gegrawe, wat nie volgens U wet is nie.

86. Al U opdragte is vertrouenswaardig; tog vervolg die bose my!

87. Hulle het my amper vernietig op die aarde, maar ek het nie U instruksies verlaat nie.

88. Wek my op volgens U liefdevolle goedheid; so sal ek die getuienis van U mond hou.

89. U is vir ewig, o יהוה, U boodskap is gevestig in die hemele.

90. U getrouheid is vir alle geslagte; U het die aarde gevestig en dit bly staan.

91. Hulle hou vandag steeds aan volgens U oordele, want almal is U diensknegte.

92. As u wet nie my oordenking was nie, dan sou ek gesterf het in my depressie.

93. Ek sal U instruksies nooit vergeet nie, want hulle is my lewe.

94. Ek behoort aan U, red my, want ek het U instruksies gehou.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119