Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:64-76 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

64. יהוה, die aarde is vol van U goedheid; leer my U instellings.

65. U, יהוה, het goed gedoen aan U dienskneg, volgens U boodskap.

66. Leer my ’n goeie insig en kennis, want ek het U opdragte vertrou.

67. Selfs voordat ek onderdruk was, het ek afgedwaal, maar ek het U boodskap gehou.

68. U is goed en doen goed; leer my U instellings.

69. Die onregverdigheid van die trotses het vermeerder, maar ek bewaar U instruksies met my hele verstand, wil en emosie.

70. Hulle verstand, wil en emosie is dikvellig, maar ek verheug my in U wet.

71. Dit is goed vir my dat ek nederig gemaak is sodat ek U instellings kon leer.

72. Die wet van U mond is vir my beter as duisende dinge van goud en silwer.

73. U hande het my gemaak en my gevestig; gee vir my onderskeiding sodat ek U opdragte kan leer

74. sodat dié wat U repekvol vrees, mag sien en hul verheug, want ek het ’n versekerde verwagting in U boodskap.

75. O יהוה, ek weet dat U oordele onpartydig opreg is en dat U my in U getrouheid nederig gemaak het.

76. Laat U liefdevolle goedheid vir my tot troos wees volgens U boodskap aan U dienskneg.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119