52. Ek het U oordele van ouds onthou, o יהוה en is vertroos.
53. Afgryse het my aangegryp vanweë die bose wat U wet verlaat.
54. U instellings is my liedere in die huis van my tydelike verblyf.
55. Ek het U Karakter en Outoriteit (Naam) in die nag onthou, o יהוה en het U wet gehou.
56. Ek is vertroos omdat ek U opdragte gehou het.
57. Ek het die dinge van יהוה oordink sodat ek U opdragte kan doen.
58. Ek het U guns met my hele verstand, wil en emosie afgesmeek; red my volgens U boodskap.
59. Ek het my lewenswyse oordink en my voete na U pad toe gedraai.
60. Ek het myself voorberei en nie uitgestel om U opdragte te doen nie.
61. Die strikke van die bose het my omring, maar ek het nie afgewyk van U wet nie.
62. Om middernag staan ek op om U te loof met uitgestrekte hande as gevolg van U regverdige oordele.
63. Ek is ’n vriend van almal wat U respekvol vrees en van hulle wat U instruksies bewaar.
64. יהוה, die aarde is vol van U goedheid; leer my U instellings.
65. U, יהוה, het goed gedoen aan U dienskneg, volgens U boodskap.
66. Leer my ’n goeie insig en kennis, want ek het U opdragte vertrou.