Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:46-56 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

46. Ek sal ook van U getuienisse voor konings bring en nie beskaam word nie

47. en ek sal U opdragte, wat ek liefhet, oordink.

48. Ek sal my hande oplig na U opdragte wat ek liefhet en U instellings oordink.

49. Onthou die woord aan U dienskneg, waarop U my versekerde verwagting gegee het.

50. Daarin is ek vertroos in my depressie, want U boodskap het my opgewek.

51. Die arrogante het my baie onderdruk; tog het ek nie van U wet afgewyk nie.

52. Ek het U oordele van ouds onthou, o יהוה en is vertroos.

53. Afgryse het my aangegryp vanweë die bose wat U wet verlaat.

54. U instellings is my liedere in die huis van my tydelike verblyf.

55. Ek het U Karakter en Outoriteit (Naam) in die nag onthou, o יהוה en het U wet gehou.

56. Ek is vertroos omdat ek U opdragte gehou het.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119