Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:38-58 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

38. Maak U boodskap vas aan U dienskneg, wat U respekvol vrees.

39. Draai my oneer weg, want U oordele is goed.

40. Let op, ek het my verheug in U instruksies, wek my op in U onpartydige opregtheid.

41. Laat U goedheid, U verlossing volgens U boodskap, ook na my toe kom, o יהוה

42. sodat ek iets sal hê waarmee ek die een kan antwoord wat my beswadder, want ek vertrou in U boodskap.

43. Laat die boodskap van waarheid nie van my mond weggaan nie, want ek het versekerde verwagting in U oordele.

44. So sal ek U wet voortdurend hou, vir ewig en ewig

45. en ek sal in vryheid lewe, want ek is verheug in U opdragte.

46. Ek sal ook van U getuienisse voor konings bring en nie beskaam word nie

47. en ek sal U opdragte, wat ek liefhet, oordink.

48. Ek sal my hande oplig na U opdragte wat ek liefhet en U instellings oordink.

49. Onthou die woord aan U dienskneg, waarop U my versekerde verwagting gegee het.

50. Daarin is ek vertroos in my depressie, want U boodskap het my opgewek.

51. Die arrogante het my baie onderdruk; tog het ek nie van U wet afgewyk nie.

52. Ek het U oordele van ouds onthou, o יהוה en is vertroos.

53. Afgryse het my aangegryp vanweë die bose wat U wet verlaat.

54. U instellings is my liedere in die huis van my tydelike verblyf.

55. Ek het U Karakter en Outoriteit (Naam) in die nag onthou, o יהוה en het U wet gehou.

56. Ek is vertroos omdat ek U opdragte gehou het.

57. Ek het die dinge van יהוה oordink sodat ek U opdragte kan doen.

58. Ek het U guns met my hele verstand, wil en emosie afgesmeek; red my volgens U boodskap.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119