Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 119:24-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Ek het ook U getuienisse en U goeie raad oordink.

25. My lewe klou aan die stof; wek my op volgens U boodskap.

26. Ek het my lewenswyses verklaar en U het my gehoor; leer my U instruksies!

27. Laat my die werking van U wette verstaan en so U wonderdade oordink.

28. My lewe smelt weg van depressie; versterk my volgens U boodskap.

29. Verwyder van my die gebruike van die bose en leer my U wet.

30. Ek het die pad van U waarheid gekies; U oordele het my verheug.

31. Ek het vasgehou aan U getuienisse, o יהוה, maak my nie beskaamd nie!

32. Ek het geleef in die metodes van U opdragte, want U het my verstand, wil en emosie oopgemaak.

33. יהוה, leer my die werkinge van U opdragte en ek sal hulle tot die einde toe hou.

34. Gee vir my insig en ek sal U wet hou, ja, ek sal dit nakom met my hele verstand, wil en emosie.

35. Laat my loop op die pad van U opdragte, want daarin is ek bly.

Lees volledige hoofstuk Psalms 119